‘Die pad na selfbestuur’: Groeiende selfbestuur as alternatief

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (Foto: Reint Dykema)

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, verduidelik hy die konsep van groeiende selfbestuur en hoe dit as ʼn alternatief vir Afrikaners én ander gemeenskappe kan dien.

In die lig van die mees onlangse gebeure in die land raak hierdie hoofstuk ook al hoe meer relevant.

Buys skryf: “Daar is ʼn groeiende besef dat die hedendaagse Suid-Afrikaanse bedeling in sy huidige vorm nie volhoubaar is nie. Saam daarmee het die toenemende internasionale bewegings vir groter outonomie die vraag oor die toepaslikheid van groter selfbestuur vir gemeenskappe soos Afrikaners in Suid-Afrika weer na vore gebring.”

Hy pak die feite rakende die idee van selfbestuur in hierdie hoofstuk duidelik uit deur onder meer te verwys na die regte wat in die Grondwet deur onder meer artikel 235 aan minderheidsgroepe gebied word en voorts hoe die term “selfbeskikking” deur dikwels verregse groeperinge verpolitiseer is.

(Grafika: Verskaf)

Buys verduidelik egter dat minderheidsgroepe wel regte wat aan hulle gebied word, moet gebruik en dit nie eensklaps moet afmaak as argaïes of uitgedien nie.

Deur na die volle prentjie te kyk, gee Buys egter wat hy as die oplossing vir die voortbestaan van Afrikaners beskou. Hy skryf: “Die geskiedenis het egter ook bewys dat mense wat nie goed regeer word nie, uiteindelik daarop aandring om hulself te regeer. Die feit is dat staatsbestuur oor Suid-Afrika of oor Afrikaners nie werk nie – om dit sagkens te stel. Daar is egter minstens een oorblywende moontlikheid, naamlik groeiende selfbestuur tot gevorderde vlakke van federalisme. Hoewel die eertydse groot volkstaatplanne nie haalbaar is nie, kan interne selfbestuur in ʼn ylbevolkte gebied van ‘onder’ af ontwikkel.”

Luister hier na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk van Die pad na selfbestuur.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Artikel 235 was tog ook in die grondwet ingebou en dus ook deur politieke partye gebruik om ‘n steunbasis op te bou om in die parlement hierdie mense te verteenwoordig. Wel daar het niks gebeur sedert ’94 tenopsigte van selfbeskikking en die regse en verregse groepe het net eenvoudig die opening gebruik om gebiede te vestig met selfstandige selfbestuur. Tans is daar net 2 sulke gebiede en eweskielik word hierdie 2 gebiede gesien deur mense as noodvestiging met die huidige onluste situasie. Ons kry ongekende belangstelling hier naby Pretoria maar kry regtig geen steun van organisasies wat selfstandige selfbestuur voorstel aan hul lede en gemeenskappe.

Harley Davidson ·

Self beskikking is die enigste manier vir oorlewing en ‘n toekoms vir volgende geslagte in SA soos dit nou gaan,gee die Afrikaner ‘n onafhanklike staat soos ‘n Lesotho en dit sal die beste land in Afrika word.

Hendrik ·

Jasper ongelukkig kom selfstandige selfbestuur eerste voor selfbeskikking. Bestuur strukture moet eers neergele word. Dit is ongelooflik moeilik om ‘n klomp begeesterdes in toon te hou om saam in een rigting te trek. Een ou is slimmer as die volgende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.