‘Die pad na selfbestuur’: Jode se vierpuntplan vir voortbestaan

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging (Foto: Reint Dykema)

In die 15de hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, beskryf Flip Buys sy besoek aan ʼn prominente Joodse sakeman.

Buys vat die leser op insiggewende wyse terug na daardie gesprek. Hy skryf, onder meer, hoe dié sakeman minderhede in Suid-Afrika se uitdagings beskryf het:

“Elke gemeenskap, veral minderhede wat nie op die staat kan staatmaak nie, het ’n kulturele infrastruktuur nodig om te kan voortbestaan. Anders trek hulle landuit of verarm en verval. ’n Gemeenskap leef deur sy instellings. Sonder kulturele instellings kan ’n gemeenskap nie oorleef nie. Regerings gee dit nie vir ’n minderheid nie. Hulle gee dit vir die meerderheid,” sê hy saaklik.

“Julle sal planne moet maak om skole, kolleges, universiteite, tehuise vir bejaardes, welsynsorganisasies en die res wat mettertyd nog nodig gaan raak, te ontwikkel.”

(Grafika: Verskaf)

Hierdie hoofstuk, wat in dialoogstyl geskryf is, bied insigte na hoe hierdie gesprek gehelp het om Buys se gedagtes vir die oprigting van wat vandag as die Solidariteit Beweging bekendstaan, te vorm. Die idee om instellings soos Sol-Tech, Akademia, die Solidariteit Helpende Hand en menigte ander suksesvolle instellings binne die Beweging te bou, se saadjie is al in die negentigerjare geplant.

Hierdie hoofstuk is ʼn moet-luister vir enige een wat meer van die Solidariteit Beweging se boumentaliteit wil hoor.

Kom luister na Martin Jansen se voorlesing van die insiggewende hoofstuk uit Buys se pen boaan die berig.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Groen Ghoen ·

Uitstekend gedoen, mnr. Buys. Daar is hoop vir die bykans verknegte Afrikaners om weer ‘n keer met die stukke wat oorgebly het te kan bou. Dalk is dit tog goed dat ons ontslae is van die verraderlike 1994-politici en sonder hulle kan voortgaan.

Hendrik ·

Baie insegewend en dit is natuurlik baie belangrik dat die Solidariteits Beweging samesprekings het met die twee selfbestuurende selfstandige gemeenskappe het om die veilig hawe konsep te vestig. Klinieke en opleidings fasiliteite moet skep word want die gemeenskappe is op hierdie staduim nie eilande nie maar dryf beslis rond in die onstymighede van die SA politiek. Die fasiliteite wat al reeds gevestig is in die gemeenskappe moet versterk en opgebou word, saam met die gemeenskappe se insette. Die mense werk vrywillig baie hard om hierdie gemeenskappe uit te bou, te koste van hulself en soms gaan dit maar ekonomies broekskeur. Dit is ook belangrik om kwaliteit mense te vestig met die dieselfde norms en kultuur standaarde geanker aan die Christelike geloof.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wil ek en jy wêreldlinge wees of wil ons deel wees van ‘n volk met ‘n eie identiteit? En ‘n volk het inderdaad ‘n kulturele infrastruktuur nodig om voort te kan bestaan en te groei en blom. Welke persentasie Afrikaners het ‘n goeie kennis van hul familiegeskiedenis en die geskiedenis van Suid-Afrika? Ek is verblydend om te sien hoe Afrikaanse musiek en die skryfkuns in Afikaans sedert 1994 gedy. Die SA politieke verwikkelinge louter die Afrikaners se waardestelsel. Sodoende raak ons ontslae van al die heilige koeie en behou die suiwer goeie vir verdere groei in geregtigheid.

Hendrik ·

Johann daar is meer nodig op hierdie staduim en doen en werk vir selfstandigheid in selfbestuur gebiede waar ons in veiligheid ons kultuur kan uitleef. Wel ons ervaar dit alreeds en dit kos harde werk. Ons wil graag dat daar in ons gebiede geinvesteer word deur besighede om die gebiede goed te vestig.

annie ·

Diè handleiding moes in 1980 verskyn het met die oog op riglyne vir samesprekings oor hoe om die toekoms van Afrikaners (nie Afrikaanssprekendes nie) te verseker. Die geleentheid is verby. Al wat oorbly is om maniere te vind om te oorleef te midde van chaos. Afrikaners se voorliefde vir die verkeerde leiers was ons doodsteek en die VN se droomnasie vir ‘n Nuwe Wèreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.