‘Die pad na selfbestuur’: Ons geslag se taak

Flip Buys (Foto: Twitter/Solidariteit)

In die 16de hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, skryf Flip Buys dat die geskiedenis aan elke geslag ʼn taak gee. In dié hoofstuk, ondersoek Buys die taak wat vandag aan Afrikaners opgelê is en bied praktiese insigte oor hoe dit vermag kan word.

Buys stel dat die geslagte voor ons groot uitdagings moes oorkom, waaronder die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die modernisering van Afrikaans, die Koue Oorlog, die Grensoorlog en vele meer.

“Omdat die een geslag van die vorige én die volgende een afhanklik is, beteken dit dat as net een geslag nie sy taak opneem nie, daardie ketting vir altyd verbreek is. Dan gaan daardie beskawing onder, verskraal tot ’n voetnota in ’n geskiedenisboek,” skryf hy.

Buys benadruk hierdie gedagte deur te stel dat die geskiedenis geen geslag vrystel om maar net op die rug te ry van vorige geslagte se antwoorde op die eise van hul tyd nie.

(Grafika: Verskaf)

Paul Kruger het op ʼn keer gesê: “Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop voort.”

Hierdie wysheid is steeds vandag van toepassing. Vandag se geslag moet oplossings bedink vir die uitdagings wat Afrikaners vandag ervaar, bewapen met kennis van die verlede en ʼn hoop op ʼn toekoms vir die geslagte wat volg.

Luister saam na dié hoofstuk om Buys se uiteensetting te hoor van dit wat gedoen moet word, soos voorgelees deur Martin Jansen.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokkie ·

Ek vereenselwig my volkome met die standpunte van Flip Buys soos verwoord in hierdie artikel. My vrees is net dat ons geslag se kennis en motivering van ons verlede so verwater en as ‘misdadig’ voorgestel is, en dat die stryd om oorlewing so groot is, dat dit nog verder tot ons mense se onbetrokkenheid bydra. Meer as dit nog, is ons mense se louheid ten opsigte van lewende geloofsake.

Hendrik ·

Ek stem saam dat die stryd van oorlewing is groot maar ons gemeenskap werk dat die biesies bewe. Selfstandige selfbestuur areas is die antwoord en dit kan orals in die land gebeur. Dit kos geld, hardewerk, goeie bestuur en die belangrikste inkoop in die gedagte vanaf almal wat wil onafhanklik wees.

OW ·

Ek stem heelhartig saam,maar hoe gaan ons onafhanklik van die regering se belastingstelsel word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.