‘Die pad na selfbestuur’: Plan A, B en C – ’n boer maak ’n plan

flip-buys-2017-11-01

Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Foto: René Roux.

Flip Buys skryf in die openingsin van hoofstuk 28 in sy boek, Die pad na selfbestuur: “Ons beleef tans uiters moeilike tye in ons land en in ons gemeenskappe. Talle mense twyfel of daar nog ’n toekoms in hierdie “wye en droewe land” is, soos die digter NP van Wyk Louw Suid-Afrika in die 1930’s beskryf het.”

Buys beskryf ook die redes wat alombekend is en noem onder meer lae ekonomiese groei, werkloosheid, korrupsie, swak munisipale bestuur, ʼn ANC wat behep is met die plundering van pensioenfondse en talle ander wat mense tereg moedeloos maak rakende die toekoms.

Hy som dit soos volg op: “Dit is geen wonder nie dat godvresende, hardwerkende, wetsgehoorsame burgers hulself afvra of daar nog ’n toekoms in die land is. Die reuk en rook van nóg ’n Zimbabwe hang in die lug, ongeag die talle verskille wat nog bestaan. Dit is hoekom soveel mense reeds landuit is; talle ander planne maak om ook te gaan of spyt is dat hulle nié kan gaan nie.”

In die lig van hierdie talle probleme skryf Buys dat hoewel plan A natuurlik is dat die ANC die land goed regeer en die land vooruitgang geniet, ons nie kan stilsit en vertrou dat dit gaan gebeur nie – vandaar plan B. Terwyl ons hoop dat plan A sal slaag en sal help waar ons kan en waar ons toegelaat word om dit te doen, moet ons terselfdertyd kliphard aan ons eie plan B werk.

(Grafika: Verskaf)

Plan B gaan oor selfbesluitneming. Waar plan A oor sukkelende staatsinstellings gaan, gaan plan B oor selfhelp-gemeenskapsorganisasies. Waar plan A oor volledige meerderheidsbestuur gaan, gaan plan B oor groeiende selfbestuur. Met plan B raak ons staatsbestand en selfstandig.

Buys skryf: As plan A misluk en plan B te stadig vorder, gaan ons kinders plan C volg. Plan C is oorsee. Dan val plan A én plan B plat. Dan slyt ons ons oudag eensaam in swak bestuurde tehuise vir bejaardes, terwyl ons kinders sukkel om hul voete in vreemde lande te vind.

’n Mens wil nie eens daaraan dink nie – plan B móét slaag!

Luister saam na die voorlesing uit hierdie hoofstuk oor plan B.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

Hier by ons selfstandige selbestuur gemeenskap Kleinfontein buite Pretoria is daar geen ander opsie nie en is al voluit besig met Plan B. Die laaste jaar is daar geweldig baie jong mense wat in die gemeenskap intrek en met investeering vanaf die industrie kan daar verdere werkskepping plaasvind vir die jong mense. Ongelooflik hoe die jong mense woeker, werk en goeie bydrae lewer tot ons eie gemeenskap. Ons is naby die mark en baie mense werk nog steeds in Pretoria, Johannesburg en Oos Rand omgewing. Ons doen weereens ‘n bedroep om instansies om te kom investeer en ons bestaan alreeds 27 jaar. Met 1500 mense en oor die 500 huise is ons alreeds goed gevestig met baie ruimte vir uitbreiding.

Kanjynoumeer ·

Gestel die ANC regering druk tog Artikel 25 deur wat sal Plan B help? Is n Zimbabwe ons voorland?
Soos ons weet gaan Artikel 25 nie net oor grond nie, maar beslaglegging op alle besittings wat sal Plan B help?

Kanjynoumeer ·

Will South Africa become an ENCLAVE society – Frans Cronjé.
Kleinfontein buite Pretoria is dan n ENKLAWE wat selfbestuur toepas?
Ek sien nie dat die woord ENKLAWE regtig gebruik word nie.

Kanjynoumeer ·

Sal dit moontlik wees om die Wes Kaap n ENKLAWE te maak na n referendum gehou is?
Lesotho en Eswatini (enklawes) het hul eie leiers, onafhanklik en pas selfbestuur toe.
Wat is die verskil tussen afstigting, selfbeskikking en onafhanklikheid indien enige?
Selfbestuur in 30 ankerdorpe. Word die 30 ankerdorpe gesien as enklawes in Suid Afrika?

Kanjynoumeer ·

Why YOU need a plan B – Frans Cronjé.
Rand vs Dollar
Rand verloor sy waarde. Geld gaan gedruk word soos in Zimbabwe.
Rand waardeloos.
Ekonomie in die grond bestuur.
Gaan selfbestuur ons enigsins help na die mislukking van staatsbestuur?
Afrikaners is ook tog net tot soveel instaat om insette te lewer en te red wat daar te redde is.
Hoe gaan jy die trein wat buite beheer is stop!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.