‘Die pad na selfbestuur’: Skotland en ’n Afrikaner-vrystad

Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging. (Foto: Collin Scott)

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek Die pad na selfbestuur beskryf Buys ʼn komiese fiktiewe toekomsverhaal oor Brittanje. Hierdie denkbeeldige toekoms in Brittanje word as’t ware vervleg met die geskiedenis en beleid wat in Suid-Afrika van toepassing is en beskryf wat die gevolg hiervan in ʼn ander konteks sal wees.

In hierdie denkbeeldige toekomsverhaal pas Brittanje beleid soos regstellende aksie, klas-ekonomiese bemagtiging, en onteiening sonder vergoeding toe terwyl die land armoede met ʼn oorgrote staatsektor en maatskaplike toelaes probeer teenwerk en grootskaalse korrupsie hoogty vier. Die wegdoen met die Skotse en Walliese taal en kultuur is ʼn agendapunt asook die instelling van verteenwoordigende bevolkingsformules op elke denkbare vlak. Die uiteinde hiervan in Buys se denkbeeldige storie is rampspoedig. Vervalle dorpe en stede, grootskaalse armoede en hoë vlakke van werkloosheid is aan die orde van die dag.

(Grafika: Verskaf)

Buys gebruik hierdie fiktiewe storie, waar Suid-Afrika se situasie op ʼn ander vasteland afspeel, om weer nuut en vars oor Suid-Afrika te dink, en om oplossings vir die probleme wat Suid-Afrika en Afrikaners tans ervaar vanuit ʼn ander perspektief te bedink. Deur die konteks van jou situasie op ander van toepassing te maak, help om weer perspektief daaroor te kry, en Buys kom tot die gevolgtrekking dat groepe soos die Skotte en die Walliesers nie noodwendig in hierdie nuwe Brittanje sal wil bly nie.

Buys beskryf egter voorts dat daar reuseverskille is tussen Afrikaners en byvoorbeeld die Skotte se realiteit, en besef dat Afrikaners op ʼn ander manier ʼn toekoms moet uitbou.

Luister hier na Martin Jansen se voorlesing van dié hoogs inspirerende hoofstuk.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik ·

Die pad na selfbestuur is nie baie gewild onder die demokrate nie al het vele kundiges die demokrasie gekritiseer. Ekonome wys nou na die gevalle staat. Wat is die oplossing : Selfstandige selfbestuur en dit moet so gou as moontlik begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.