‘Die pad na selfbestuur’: Switserland en die idee van federalisme

(Grafika: Verskaf)

Dit word deesdae algemeen aanvaar dat sosialisme en kommunisme nie kan werk nie. Die vraag is: Hoekom het ’n stelsel wat ooglopend onwerkbaar is, dan so lank voortbestaan?

In die twaalfde hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, bekyk Flip Buys die eeueoue vraag: Hoe moet Suid-Afrika se regeringstelsel lyk.

“Hoe kan die ANC sosialisme vir die soveelste keer weer probeer?” vra ’n ekonoom-vriend Buys moedeloos. “Inderdaad, sosialisme is gewild in arm lande waar dit nie kan werk nie, en onnodig in ryk lande waar dit wel kan werk,” is die enigste antwoord waaraan ek kan dink.

Buys lei die leser in hierdie hoofstuk stelselmatig tot wat hy as die uiteindelike antwoord op hierdie vraag beskou: federalisme.

Hy stel dit onomwonde dat Suid-Afrika nie net ’n regeringsprobleem het nie, maar ook ’n bedelingsprobleem. “Die landwye verval van die een ná die ander staatsinstelling spruit uit die ANC se oorweldigende politieke mag waarmee hulle ’n onwerkbare gesentraliseerde staat met ’n ewe onwerkbare uitgediende ideologie probeer bedryf. Hierdie voortdurende politieke stryd teen die werklikheid verwoes die een ná die ander instelling soos ’n tsoenami wat onkeerbaar oor die land spoel.”

Buys kom uiteindelik tot die slotsom: “Geen party sal hierdie land sentraal kan regeer nie, omdat die werklikheid homself nie in ’n sentrale ideologiese model laat indruk nie. Dit is soos om met ’n sak klippe te probeer swem. Die Britte het dit met ’n koloniale stelsel probeer, terwyl die Afrikaners dit met apartheid probeer het. Daarna het ’n Xhosa-ANC met Thabo Mbeki en ’n Zoeloe-ANC die hele land probeer regeer. Nou is dit weer Cyril Ramaphosa se ANC. Geen resep wil werk nie, want dit kan nie werk nie. Die land is te uiteenlopend en te kompleks.”

Kom luister na hierdie insiggewende hoofstuk uit Buys se pen boaan die berig.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuuras koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik ·

Weereens is die oplossing voorhandliggend en die volgende vraag hoe kan federalisme so gou as moontlik implimenteer word? Die hele program kan begin met die selfstandige selfbestuur in eie gemeenskappe. Die areas werk alreeds maar kort investering sodat dit meer gevestig kan word. Klinieke, ligte nywerhede, opleidings instansies, behuising, alternatiewe kraglewering, water verskaffing, veiligheid is areas wat na gekyk moet word. Die tydloop uit en met nog ‘n plaaslike verkiesing wat gaan wys hoe verstedeliking se getalle minderhede se bedinging in die raadsale, wat min is, nog meer gaan nigeer.

annie ·

Afrikane sien hulself as Afrika se enigste eienaars. In elke federasie in SA gaan swartes die meerderheid wees. Waar in Afrika is ‘n blanke regering? Wie glo nog swartes wil graag vrede en voorspoed hè. Mag en ‘my reg’ is al wat tel al woon jy as baas in ‘n krot. As jy iets nodig het, gaan vat jy dit. Armoede en verontregting as wapentuig is sterker as ‘n atoombom want dit verlam die vyand se gewete. Afrikaners is vry om nog te droom. Dis al.

James ·

Afrikane sien hulself as die ENIGSTE eienaars: Kyk na wat aangaan in Europa en Amerika..

James ·

Federalisme – nee. Oor die langtermyn werk dit nie: Kyk maar na Amerika, waar ‘n sentrale regering basies die state se regte nou ondergrawe. VOLLE onafhanklikheid. Handels ooreenkomste kan gesluit word, tussen volle onafhanklike state.

Die groottste probleem vir die mensdom, is die feit dat kernbomme uitgedink is. Almal is nou bang vir doodgaan op massiewe skaal. Die wereld was ‘n beter plek regdeur die 1800’s – en tot en met 1945. Mense het makliker opgestaan en baklei teen slegte idees. Nou – nie meer nie.

Die wereld, en internasionale samelewing – is ‘n toilet wat so af en toe gespoel moet word om ontslae te raak van die drek. So elke 100 jaar. Niemand wil egter meer die ketting trek nie.

James ·

Aan die grondslag van ALLE politieke geweld is daar ‘n onderliggende oorsaak wat NIEMAND wil erken nie: ” Ons is nie almal dieselfde nie.” Die oplossing is SO maklik en voor die handliggend: Laat elk dan na homself en syne omsien, sonder onderdrukking van die ander. Goeie grense, jy weet, beskerm onderdruktes van ondderdrukkers: Elk kan aangaan met sy eie begrip van die werklikheid. Daar is geen onderdrukkers en onderdruktes meer nie.

Die probleem is egter: Sommiges SAL na hulself omsien – en andere sal dan in jaloesie verklaar dat hulle onderdruk is, en die suksesvolles aanval. Of jy nou ‘n minderheid in die VSA is, of ‘n meerderheid in SA: JY IS ONDERDRUK.

Wat vertel dit vir ons?

James ·

Ek is nou MOEG om te hoor hoe sleg my voorvaders was – net omdat Dias in 1488 Mosselbaai binnegeseil het op sy karveel oor duisende seemyle: – ten volle geklee, kompas in die hand en die locals in hul stertrieme ontmoet het. Dis nie MY skuld dat MY oeroupas SLIMMER was as die “locals” nie. Hoekom het die “locals” nie klere aangetrek, ‘n houtskip gebou en Europa gaan verower nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.