‘Die pad na selfbestuur’: Vrystede as model vir groeiende selfbestuur

(Grafika: Verskaf)

In vandeesweek se hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, skryf Flip Buys dat die idee van “vrystede” deur die Amerikaanse Nobelpryswenner Paul Romer aangepas kan word om oplossings te bied vir armoede, veiligheid en die beskerming van kultuurgemeenskappe soos Afrikaners.

Buys skryf dat hierdie vrystede onder meer beskryf kan word as stede wat onder ʼn spesiale handves regeer word en nie aan al die gewone staatswette onderhewig is nie.

Hy skryf: “Dit word volgens selfgekose politieke, ekonomiese en kulturele stelsels regeer. Dié stede geniet afgewentelde selfbestuur. Dit maak dit moontlik om doelgemaakte stelsels te ontwerp en beter besluite te neem omdat die regeerders meer in voeling met plaaslike omstandighede is.”

Die realiteit in Suid-Afrika, sê Buys, is dat private dorpe wat hulself “regeer” besig is om landwyd gewilder te raak. In hierdie “vrydorpe” word beter veiligheid-, water-, elektrisiteit-, omgewing-, ontspanning-, onderwys- en leefstyldienste aan burgers gelewer as wat die regering kan lewer.

“Die vinnige opkoms van hierdie dorpe is ʼn teken van ʼn staat wat al vinniger verswak. Die probleem is egter dat hierdie dorpe net vir die meer welvarende groep bekostigbaar is, en dat mense hiér eerder kliënte as burgers is,” skryf Buys.

Buys kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat vooruitstrewende kulturele vrystede die alternatiewe oplossing is. “Indien hierdie dorpe genoeg ondersteuning geniet, kan al meer provinsiale en selfs nasionale funksies van die sentralistiese owerheid daarna afgewentel word.”

Luister hier bo na hierdie oplossingsgedrewe denke wat Buys in hierdie hoofstuk van sy boek uiteensit.

  • Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webwerf bestel word. Maroela Media-lesers kry spesiale korting op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christo

Stem saam dat SA n goeie kans het om te faal. En dat dit daarom tyd geword het om aan n nuwe en finale oplossing vir Afrikaanssprekendes te soek. Ek meen egter die stadstaat is nie die oplossing nie. Dit kan net werk in n vriendelike omgewing. M.a.w. as jou buurlande polities en ekonomies dink soos jy. Dit is waarom die stadstate van Europa bestaan en vooruitstrewend is – die bure is almal stabiele en suksesvolle vryemark demokrasiee. Sodat die stadstate hulle nie oor weermagte en wapens hoef te bekommer nie. Vergelyk dit nou met die “stadstaat” Pretoria (net as… Lees meer »

Kanjynoumeer

Kyk gerus due video van Frans Cronjé – “Will South Africa become an ENCLAVE country?”.
ENKLAWE in Afrikaans.
Die Koninkryk van Lesotho is n ENKLAWE van Suif-Afrika.
So ook Swaziland nou genoem Eswatini.
Distrik 6 is n ENKLAWE van Kaapstad.