In vandeesweek se hoofstuk van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, bekyk hy die ou vraag: “Wie is ons nou werklik?” en “Wat is die Afrikaner?”
Buys argumenteer dat mense die wêreld oor veelvoudige identiteite het. Baie Belge, Britte, Kanadese, Namibiërs, Irakese en Amerikaners is terselfdertyd ook Vlaminge, Skotte, Franse, Ovambo’s, Koerde en Afro-Amerikaners. ’n Wye verskeidenheid ander identiteite kan ook nog onderskei word, soos godsdiens, ekonomiese klas, nasionaliteit of dié van sogenaamde vryswewende individue. In alle demokratiese lande word dit aanvaar dat mense meer as een identiteit kan en mag hê, en dat nie een noodwendig belangriker as die ander is nie.
Buys kom in die hoofstuk by die slotsom uit dat Afrikanerskap ʼn kultuuridentiteit is wat nie deur polities gelaaide argumente verander sal word nie.
Hy skryf: “Die Afrikaner is tog nie ’n tipe postkoloniale groep enkelinge soos baie wit mense elders in Afrika nie. Dié groep het in Afrika Afrikaners geword en gebly, en nie soos Franse en Britte lede van die koloniale stamlande gebly nie. Inteendeel, die Afrikaner het homself, sy taal en talle van die maatskappye wat deur lede van dié groep gevestig is, na die kontinent vernoem.”
Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk uit Die pad na selfbestuur.
- Die boek kan ook op Kraal Uitgewers se webblad bestel word. Maroela-lesers kry spesiale afslag op Die pad na selfbestuur. Gebruik die woord selfbestuur as koeponkode om R100 afslag te kry wanneer jy hierdie besonderse boek aanlyn bestel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Ek ervaar selfbestuur en dit is regtig bevredigend om in so gemeenskap te woon.
Ek is vertel ek is nie ‘n Afrikaner nie oor my voorvaders hier in die Kaap agtergebly het. Is oukei. Ek sal maar hier by Kampsbaai sit en huil terwyl ek na die mooi meisietjies kyk en ‘n biertjie drink.