Die rolbalspeler

Zain Eckleton

Hans vleg rottangmandjies in Soutrivier. Hy bly saam met sy ma en broer in Bishop Lavis, en dit gaan maar sukkel-sukkel, veral noudat sy ma diabetes het. Op pad werk toe een oggend help ’n blondekop-vrou hom oor Voortrekkerweg, nog voor hy ’n woord kan uitkry. Dis eers oorkant die straat dat hy haar reghelp. “Dankie, maar dit was nie nodig nie,” sit hy haar op haar plek. Net omdat hy sleg sien beteken nie hy’s hulpeloos nie. Dit neem nie lank voor hy en die blondekop vriende raak nie. Erika moedig hom aan om lid te word van die plaaslike rolbalklub vir blindes. En om klaar te maak met skool. In ’n oogwink verander Hans se hele lewe. Daar is skielik weer hoop, nuwe vriende, en bowenal, as hy Erika se stem hoor, is daar skoenlappers op sy maag.

Die rolbalspeler vertel die ontroerende verhaal van ’n jong man wat vir die eerste keer in sy lewe sy voete vind. Twee persent sig is dalk ’n hindernis, maar niks skeel met sy verstand, en met sy hárt nie.

Oor die outeur
Zain Eckleton is in die laat vyftigerjare gebore in Goodwood. Hy is die oudste van drie kinders en word groot op die Kaapse Vlakte. Hy is siggestremd van geboorte af. Bedags werk hy as telefonis by die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Kuilsrivier. Ná die afsterwe van sy vrou in 2010 word Zain enkelouer van hul twee dogters, Tazneem en Soraya.
Zain publiseer sy eerste kortverhaal in Die Huisgenoot in 1986, en in 1998 was hy finalis vir RSG se radiodrama-kompetisie. Die rolbalspeler is sy eerste vollengte-roman.

Uitgewers: Kwela Boeke
Prys: R175,00*
* Prys onderhewig aan verandering
Publikasiedatum: 15 Augustus 2011

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.