Die ruspe wat so honger was

Eric Carle

Miljoene kinders dwarsoor die wêreld word al sedert 1969 deur hierdie eenvoudige, maar immer-gewilde storie bekoor. Dit is een van Eric Carle se bekendste en mees geliefde titels, reeds vertaal in meer as 45 tale en nou op populêre aandrang weer in Afrikaans beskikbaar. Leer saam met die honger klein ruspe tel en die dae van die week benoem. Leer hoe om vrugte en ander lekkernye te herken en vind uiteindelik uit hoe ’n ruspe ’n pragtige vlinder word!

Oor die outeur:

Eric Carle is in 1929 in Syracuse, New York gebore. Van 1935 tot 1952 woon hy in Duitsland, maar keer daarna terug na Amerika. In 1968 publiseer hy sy eerste prenteboek en met suksesvolle titels soos The very hungry caterpillar (1969) vestig hy homself as internasionaal-bekroonde skrywer en illustreerder van kinderboeke. Eric Carle het al meer as 70 boeke geïllustreer, en ongeveer 90 miljoen eksemplare van sy boeke is reeds wêreldwyd verkoop. Hy het twee kinders, ’n seun en ’n dogter. Saam met sy vrou Barbara, spandeer hy meeste van sy tyd in Florida Keys en in die heuwels van North Carolina in die VSA.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R139-95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.