Jaco Jacobs
Sebra is baie hartseer en alleen toe sy beste maatjie, Kameelperd, wegtrek. Sebra se maats probeer verskillende dinge om hom op te beur. Sal hulle Sebra kan help om weer beter te voel?
‘n Storie oor hartseer wees.
Die reeks:
1. Die tier wat kwaad was
2. Die olifant wat bang was
3. Die seekoei wat gelukkig was
4. Die sebra wat hartseer was
5. Die leeu wat skaam was
Oor die outeur:
Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R30-00*
*Prys onderhewig aan verandering