Die see

Reza de Wet

Die see is ’n liriese toneelstuk waarin aanvaarding, ontnugtering en hoop stem kry in drie slawevroue wat in die tyd van die VOC as courtisanes vir die bevelvoerder van Die Kasteel opgelei is. Terwyl die kanonvuur op die agtergrond ’n nuwe bestel aankondig, word die gehoor as ’t ware saam met dié drie vroue in ’n kerker opgesluit. Die donker omstandighede van die hede word telkens gekontrasteer met die sonnige verlede. Met Die see het Reza de Wet haar kwarteeu in die Suid-Afrikaanse teaterwêreld gevier.

Oor die outeur:
Reza de Wet (1952) is op Senekal in die Vrystaat gebore. Sy is ’n veelbekroonde dramaturg aan wie die Hertzogprys al twee keer toegeken is. In Die see het sy vir die eerste keer in jare weer as aktrise op die verhoog verskyn. Sy het ’n meestersgraad in die Engelse letterkunde en het in 2007 uitgetree as professor aan die dramadepartement van die Rhodes Universiteit in Grahamstad. Sy en haar man, Lindsay Reardon, woon sedert 1982 op Grahamstad.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.