Die storie van die klein gaatjie

Isabel Pin

’n Plesierige en spannende ontdekkingsreis op soek na ’n geheimsinnige klein gaatjie, wat uiteindelik nie so ver weg is nie… Geskik vir kinders tussen 2 en 4 jaar oud.

Oor die outeur:
Isabel Pin (1975) het aan die Ecole des Arts Décoratifs in Strassburg en aan die Fachhochschule für Gestaltung in Hamburg studeer. Haar illustrasies word by die Bologna-boekeskou en die Salon du livre de jeunesse in Parys uitgestal. Pin skryf en illustreer kinderboeke vir Duitse en Franse uitgewerye. Sy woon tans in Berlyn, Duitsland.

Oor die vertaler:
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea
Prys: R95-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.