Die storie van die leeu wat nie kon skryf nie

Martin Baltscheit

Vertaler: Nicol Stassen

Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys.
En meer het hy nie nodig nie. Maar op ’n dag kom hy ’n leeuwyfie teë …

Oor die outeur
Martin Baltscheit (1965) studeer kommunikasie-ontwerp aan die Folkwangskool in Essen, en word bekend as illustreerder, spreker, prenteboek-, prosa-, radiodrama- en teaterouteur. Sy talle bekronings sluit in: die Max en Moritz Prys vir die beste Duitse strokiesprente in 1996, en ’n benoeming vir die Duitse toekenning vir kinder- en jeugliteratuur in 2002. In 2008 word hy vir die tweede keer benoem, en wen hy die Hameln Literêre Prys. Baltscheit woon saam met sy gesin in Düsseldorf.

Oor die vertaler
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).
• Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees.
• Die vertaler is beskikbaar vir optredes.

Kinders vanaf 4 jaar oud.

Uitgewer: Protea
Prys:R90-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.