Die storie van skilderkuns

Abigail Wheatley

Van die eerste rotstekeninge tot moderne meesterstukke – hierdie boek volg die storie van skilderkuns vanaf die begin van die mensdom tot vandag. Soos wat jy lees, sal jy saam met kunstenaars deur die eeue heen op allerhande fassinerende feite en verstommende staaltjies afkom en ’n hele paar aha-oomblikke beleef.

Maak jou gereed om uit te vind hoe die antieke Grieke waterbestande verf gemaak het, ontdek wie die ikonoklaste was en waarom hulle kunswerke verwoes het en wonder oor Mona Lisa se geheimsinnige glimlag…

Die Storie van skilderkuns is die derde in Protea Boekhuis Storie van-reeks, vertaal uit die oorspronklike Engels.

Kinders van 6–12 (en hul ouers!) behoort in hierdie boek ’n heerlike en boeiende sleutel tot die kunswêreld te vind. Dit is die ideale beginnershandleiding vir enigiemand wat meer ingelig oor die skone kunste wil gesels!

Uitgewer: Protea
Prys: R120-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.