Die Suid-Afrikaanse Vrykorps van Duits-Suidwes-Afrika

Gordon McGregor

Die Suid-Afrikaanse Vrykorps van Duits-Suidwes-Afrika handel oor ’n unieke stuk geskiedenis wat afspeel tydens die Eerste Wêreldoorlog. ’n Vegseenheid bestaande uit Boere wat die Vrykorps genoem is, is met die aanvang van die oorlog in Duits-Suidwes-Afrika gevorm. Hulle was ’n onafhanklike vegeenheid binne die Duitse Imperiale Koloniale Troepe en het die Rebellie in Suid-Afrika ondersteun deur teen die Unie-Verdedigingsmag te veg.
Die Duitse Koloniale Troepe het die Duitse keiser se goedkeuring gehad om militêre ondersteuning aan die Rebellie te bied wat opgevlam het in die Unie van Suid-Afrika. Op hul beurt het die Unie-Verdedigingsmag die Aktiewe Burgermag en Boerekommando’s opgeroep om die Rebellie te onderdruk.
Dit was die eerste en enigste keer dat Boere hul vaderland, Suid-Afrika, binnegeval het en Boer teen Boer geveg het.
Hierdie boek vertel die Vrykorps se storie vanaf hul ontstaan tot hul ontbinding en word toegelig met ’n lys van al die Vrykorpslede, die wapens wat hulle gebruik het, hul range en gedetailleerde inligting oor hul aktiwiteite en die veldslae waaraan hulle deelgeneem het.

Oor die Outeur:
Gordon McGregor se belangstelling in die Duitse Imperiale Koloniale Troepe het gelei tot die versameling en navorsing van medaljes, wapens en ordetekens uit daardie tydvak. Hy is ’n stigterslid, voormalige president en lewenslange erelid van die Militaria Collectors’ Society of Namibia, sowel as ’n lid van die Bund Deutscher Ordensammler, die South African Medal Collectors’ Society en die Orders and Medals Society of America. Hy het heelwat publikasies oor medaljes, wapens en ordetekens vanaf pre-koloniale tye tot vandag die lig laat sien, en menige toekenning vir sy werk op hierdie gebied ontvang.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys:R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.