Die Suurtjies

Die Suurtjies voorblad

Jaap Robben

Gaan staan voor die spieël en bekyk jou gesig. Lek aan ’n suurlemoen. Het daar iets aan jou gesig verander? Vat ’n groot hap van die suurlemoen. En nog een. Dink aan rape, naels wat oor ’n swartbord krap en sop van toiletblokkies. Soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s’n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan ’n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op ’n dag ’n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.

Die storie is humoristies en propvol avontuur – perfek vir selflees en voorlees.
Kinders 7 jaar en ouer sal veral van die boek hou.

Oor die outeurs:
Jaap Robben (1984) het omgewingswetenskappe gestudeer en daarna teateropleiding gehad. Hy tree gereeld in Nederland en Vlaandere op en was die stadsdigter van Nijmegen. In 2004 debuteer hy met die bundel Twee vliegen. In 2008 volg sy digbundel vir kinders Zullen we een bos beginnen? met illustrasies van Benjamin Leroy.

De Zuurtjes is reeds in Duits vertaal en bekroon met ’n White Raven 2011 van die internasionale Jugendbibliothek van München.

Benjamin Leroy (1980) het sy eerste tekeninge op die muurpapier gemaak toe hy 2 jaar oud was. Intussen het hy al baie kinderboeke geïllustreer. Hy en Jaap Robben tree ook graag saam op in teaters, kroeë en boekwinkels.

Oor die vertaler:
Daniel Hugo was ’n spesialisomroeper by Radiosondergrense en is steeds verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ’n gerekende digter met 14 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

stoffel cilliers ·

Interessant genoeg is “Die Suurtjies” se bladsye nie genommer nie maar daar is glo 168 bladsye. Dit is heel dik vir ‘n kinderboek. As volwassene het ek die boek egter in een sitting deurgelees omdat ek dit stimulerend gevind het. Ek het gevoel daar is vir my ook tussen die reëls iets versteek.Dit is vermaaklik en die twee suur ou omies is regtig baie amusant. Ook die baie interessante illustrasies boei die leser. Die boek is in Duitsland bekroon en ek dink daar is so baie dimensies in die verhaal dat ‘n bekroning hier my nie sal verbaas nie. Ek wonder selfs nou nog of dit nie meer ‘n grootmensboek as ‘n kinderboek is nie. Maar dat dit kinders van alle ouderdomme gaan bekoor, ly geen twyfel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.