Die Swart Kat slaan ’n ster en verdere avonture

Chris Sasner

Illustreerder: Willem Samuel

Op meesterlike wyse fnuik die Swart Kat enige aanslag. Ontvoering, terrorisme, diefstal – waar avontuur ook al broei, betree die Swart Kat onverskrokke en naamloos die misdaadarena.
’n Uitstalling van seldsame diamante gaan toevallig gepaard met die optrede van ’n gewilde sangpaar. Is dit dalk net die omstandighede wat kriminele hul kans sal laat waag? En dan is daar ’n slinkse rowerbende wat toeslaan op afdelingswinkels, en dwelmhandelaars wat gestuit moet word.
Die polisie sal natuurlik ook voorbereidings tref, maar ervaring het geleer dat dit die Swart Kat is wat die kastaiings uit die vuur sal moet krap …

Oor die outeur
Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor; bestuurder Perskorboekklubs; bestuurder-uitgewer: Juventus, Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998.

Oor die illustreerder
Willem Samuel is kunsdirekteur by die strokiesprent- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al verskyn in vele publikasies, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix.

Uitgewer: Protea
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.