Die Swart Kat slaan neer

Chris Sasner

Die Swart Kat loop op die spoor van misdadigers in Suid-Afrika. Die woord genade bestaan nie in sy woordeskat nie. Hy is vinniger as die pik van ’n mamba, geruisloser as ’n arend, so sterk soos ’n bees en so onverskrokke soos ’n ratel …
In hierdie eerste aflewering van die Swart Kat se avonture sorg die Swart Kat dat drie boewe behoorlik les opsê.

Oor die outeur
Chris Sasner is ’n skuilnaam van Gert Basson. Gert is joernalis, skrywer en uitgewer wat tans saam met sy vrou Cillah sedert 2003 op Swellendam woonagtig is. Hy is as hoofuitgewer verbonde aan die Swellendamse uitgewershuis Hartbees. As joernalis was hy verbonde aan die tydskrifte Avontuur/Die Lewe, Nonquai/Servamus, assistent-redakteur van Die Suidwester en redakteur van die jeugtydskrif Patrys. As uitgewer was hy hoof van belletrie van Voortrekkerpers/Perskor, bestuurder Perskorboekklubs, bestuurder-uitgewer: Juventus,Femina en Folio; hoofuitgewer J.P. van der Walt tot met sy uittrede in 1998. Hy doen ook vryskutwerk vir koerante en skryf kortverhale onder sy eie en skuilname vir verskeie tydskrifte.

Oor die illustreerder
Willem Samuel is kunsdirekteur by die comic- en animasie-ateljee Strika Entertainment in Kaapstad, wat die gewilde Supa Strikas televisiereekse en strokiesprente skep. Sy werk is verder te sien op die internet en het al in vele publikasies verskyn, onder andere Laugh it Off en Bitterkomix. http://willemsamuel.blogspot.com/

Uitgewer: Protea
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.