Die tier wat kwaad was

Jaco Jacobs

Tier neem die Bosresies baie ernstig op. Hy is sommer vies omdat die ander diere nie hard genoeg oefen nie. Toe die resies begin, is Renoster sommer vinnig agter. Sal Tier sy humeur kan beteuel en sy beste maat help?

‘n Storie oor kwaad wees.

Die reeks:
1. Die tier wat kwaad was
2. Die olifant wat bang was
3. Die seekoei wat gelukkig was
4. Die sebra wat hartseer was
5. Die leeu wat skaam was

Oor die outeur:

Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 70 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R30-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.