Die Uile by die see

Cor Dirks

Hoe goed kan die vyf Uile swem?

Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ’n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na ’n boot gesmokkel word?

Oor die outeur
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

• Klassieke Afrikaanse werk wat heruitgegee word vir ’n nuwe generasie lesers.
• Die Uile by die see is die agtste van ’n uiters populêre reeks om heruitgegee te word en daar is nog Uile-boeke op pad.
• Die teks en voorkoms van die boek is gemoderniseer.

Jeug (8 tot 13 jaar) sowel as ouer lesers wat sedert vroegste Dirks-uitgawes aanhangers was.

Uitgewers: Protea
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.