Die Uile in die gimnasium (13)

Die Uile in die gimnasium 13 voorbladCor Dirks

Die vyf Uile is nou jongmanne. Hul skooldae op Kranskop is verby, maar die avontuurlus leef steeds voort waar dié ouens hulle nou bevind: die leërgimnasium. Hier is die luitenante en korporaals manne om rekening mee te hou. Dit is nou tyd om taai te word, om te leer dat ’n man nie moeg is totdat jou wil ingegee het nie – en hier mág jou wil nie ingee nie!

Sal Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie al die uitdagings, die bloedsweet en boelies in die gimnasium oorleef?

Hierdie klassieke Afrikaanse werk word heruitgegee vir ’n nuwe generasie lesers. Die teks en voorkoms van die boek is gemoderniseer. Jeug (8 tot 13 jaar) sowel as ouer lesers wat sedert vroegste Dirks-uitgawes aanhangers was, sal dié boek baie geniet.

Die Uile in die gimnasium is die dertiende en laaste Uile-boek.

Oor die outeur:
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.