Die Uile in die stad

Cor Dirks

’n Paar blink klippies, ’n vreemde stad en ’n gevaarlike smokkelbende …

Onderweg na Johannesburg versteek iemand geroofde diamante in Jorsie se tas. So beland hy en sy vriende – bekend as die Uile – in ’n ondergrondse netwerk van misdaad. En wanneer die moeilikheid hulle na ’n verlate mynskag lei, raak dinge éérs gevaarlik. Sal die Uile Lan Fu se bende kan uitoorlê?

Oor die outeur
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

Jeug (8 tot 13 jaar) sowel as ouer lesers wat sedert vroegste Dirks-uitgawes aanhangers was.

Uitgewers: Protea
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.