Die uile in die verlore stad

Cor Dirks

Hoe ontaard ’n heerlike vakansie ver weg van die beskawing in ’n stryd om oorlewing?

Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van ’n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self ’n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik ’n verlore stad en skatte diep in die woestyn?

Die Uile is ‘n klassieke Afrikaanse werk wat heruitgegee word vir ’n nuwe generasie lesers. Die Uile in die verlore stad is die sesde van ’n uiters populêre reeks om heruitgegee te word en daar is nog Uile-boeke op pad. Die teks en voorkoms van die boek is gemoderniseer.

Oor die outeur:
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.