Die Uile in die wildtuin

Cor Dirks

’n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in…

Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansie-avonture wag vir hulle op ’n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, ’n luiperd uit ’n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.

Oor die outeur:
Justus Cornelias Dirks (Cor Dirks) is op 28 Februarie 1911 op Volksrust gebore. Hy was die skrywer van uiters gewilde en suksesvolle reekse soos Die Otters, Die Uile en Joof. Oom Cor was jare lank hoof van Hoërskool Linden in Johannesburg. Hy was getroud met Ella van Niekerk en hulle het twee kinders, Justus en Elsje. Oom Cor is in Augustus 2000 oorlede.

Die Uile in die wildtuin is die vierde van ’n uiters populêre reeks om heruitgegee te word en daar is nog Uile-boeke op pad. Die teks en voorkoms van die boek is gemoderniseer.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.