Die verste uur

Steve Hofmeyr

Jy’s ’n skaam student. Gemiddeld maar nuuskierig. In die oë van die meisie van jou drome is jy ’n bleeksiel. Jy is platsak en gryp die eerste die beste geleentheid aan om ekstra sakgeld te verdien deur ’n vermiste professor se studeerkamer op te ruim. Hier ontdek jy sy navorsing oor ’n komponis, maar ook ’n liefdesbrief aan sy vrou waarin hy sy verdwyning aan haar verduidelik. Dié steek jy weg om later in jou koshuiskamer te gaan bestudeer. Dit is ’n doodsonde, want oornag ruk daardie brief jou uit jou saai bestaan. Jy word skielik wakker in die liggaam van jou oupa­grootjie, ’n bang bode in die middel van die Anglo-Boereoorlog. In die verwarring versuim jy om generaal Cronje se boodskap van oorgawe oor te dra. Hierdie misstap het yslike gevolge: die Boere verpletter die Kakies in ’n onverwagte veldslag. Brittanje onttrek en … kaplaks … jy’s terug in 2011. In Pretoria. Akasiastad (jakarandas was ’n Britse konsessie!). Beatrixstraat is daar, maar Hamilton se naam is nou Ignatius Ferreira. Dis nog niks. Die meisie van jou drome, wat jou in jou voormalige heelal ignoreer, is smoorverlief op jou in hierdie heelal, waar jou nuwe meisie ’n nimfomaan is! Jy het een uur en een kans om terug te gaan. Vraag is: sou jy?

In sy spanningsvolle nuwe boek maak Steve Hofmeyr jou al die duwweltjies raak trap op ’n fantastiese Jan Allemansreis. Hy roer plek-plek omstrede kwessies aan, maar soos in al sy werke word die leser gekonfronteer met verrykende vrae oor die liefde, oor keuses, oor wie ons is en waar ons inpas. Vintage Hofmeyr.

 

Oor die outeur

Steve Hofmeyr is een van die gewildstenvermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens vir sy loopbaan as sanger,nliedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wysensy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinum-status vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ’n topverkoper in 2008, en sy eerste roman, Vier briewe vir Jan Ellis, is in 2010 gunstig deur kritici ontvang.

 

Uitgewer: Random Huose Struik/Zebra Press

Prys: R150,00*

* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.