Die Vierletterwoord

deur Nelia Engelbrecht

Clarissa Mentz is ʼn gr. 11-leerder aan ʼn dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oënskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer.

Die verhaal speel af in ʼn kontemporêre Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee die karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans.

Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10-12 Addisionele Taal. In die algemene handel sal dit by meisies vanaf graad 7 byval vind.

Oor die outeur:
Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore en getoë. Deur die jare het sy verskeie publikasies as joernalis gewerk en talle artikels en berigte gepubliseer. In 1994 begin sy fiksie skryf. Sy het meer as 60 kortverhale in verskeie vrouetydskrifte en kortverhaalbundels gepubliseer. In 2005 verskyn haar derde liefdesverhaal, Die ler se ultimatum by LAPA (Romanza-reeks). Twee boeke vir laerskoollesers, Alicia en die Zitzappers en Dieter en Madame Zenobia verskyn by H&R, en in 2009 verskyn Pandora se boks, haar eerste jeugroman, by Tafelberg. Hiervoor word sy bekroon met die gesogte Scheepersprys vir Jeugliteratuur. Sy woon tans in Potchefstroom.

Uitgewer: Tafelberg
prys: R130-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.