Die voëltjies se ABC

Piet Grobler

In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op ’n baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voëltjie iets sê en doen; een drink ’n glas leeg en breek ’n wind op (Burp!), ’n ander sit rustig op ’n tak tot ’n appel op sy kop val (Doink!), en ander voëltjies eet wurms (Njam!) of lê eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek ’n houtkapper ’n “T” met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok…) en maak ’n ander voël sy nes bo in die “Y”. Die voëltjies se ABC is ’n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!

Oor die outeur
Piet Grobler (1959) is ’n welbekende, veelbekroonde en internasionaal erkende Suid-Afrikaanse kinderboek-illustreerder, sowel as ’n gevestigde kunstenaar wat se werk plaaslik en oorsee aftrek geniet.

Oor die vertaler
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (M.P. Robertson)
Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R75-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.