Die wiele van die bus

Britta Teckentrup

Die wiele van die bus gaan om en om,
om en om, om en om.
Die wiele van die bus gaan om en om,
die hele leiwe dag.

Wie bestuur die bus? Wie wip op en af op die hobbelrige pad? Blaai om en kyk hoe die diere deur die uitgeknipte venstertjies verskyn en verdwyn. En moenie vergeet om die klein muisie te volg wat probeer om die skoolbus in te haal nie!

‘n Moderne weergawe van hierdie klassieke en gewilde kinderrympie, met kleurvolle, vriendelike illustrasies.

Oor die outeur:
Britta Teckentrup het reeds meer as 30 boeke geskryf en geïllustreer en haar werk is in meer as 20 tale vertaal. Haar illustrasies verskyn in tydskrifte, op huisware en geskenksakke. Sy woon en werk in Berlyn saam met haar man (ook ‘n kunstenaar), jong seun en hulle kat.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R129-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.