Die wonder van die Goddelike liefde

Die wonder van die Goddelike liefdedeur Chris N. van der Merwe

Ons kan die liefde nie volkome begryp nie, maar ons kan dit ook nie opsy skuif nie. Liefde is die wese van God, die mees fundamentele dryfveer in die handelinge van God. En as ons God wil leer ken, moet ons in sy liefde bly, soos dit in Jesus aan ons bekendgemaak is. In hierdie boek gee Chris van der Merwe aan die leser leidrade om die misterie van die goddelike liefde beter te kan verstaan. Hy maak gebruik van sy opleiding en ervaring as teksontleder om ses perspektiewe op die liefde, naamlik geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, waarheid en vreugde te ondersoek.

Oor die outeur:
Chris van der Merwe is ʼn afgetrede professor van die Universiteit van Kaapstad, waar hy vir 34 jaar dosent in Afrikaans en Nederlandse letterkunde en Literêre teorie was. Hy was ook in die tydperk gasdosent aan verskeie buitelandse universiteite, onder andere die Universiteit van Texas in Austin, die Karels Universiteit in Praag, die Universiteit van Leiden en die Universiteit van Gent. Hy is die skrywer van ʼn groot aantal akademiese artikels en ook die outeur of redakteur van sestien akademiese boeke – onder andere het hy ʼn boek oor Boerneef (Izak van der Merwe) geskryf, getitel Tromboniusdagboekenkaart – ʼn Boerneef-boek. (Boerneef was sy pa se oudste broer.) Sy onlangste navorsing fokus op die verwerking van trauma in die verhaalkuns. Chris is getroud met Biebie de Villiers en hulle het twee dogters, Amelia en Marelise.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R160-00*
*prys onderhewig aan veranderin
g

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.