Tosca Menten
Bette Babs kry op haar verjaardag ’n varkie van haar oupa. Sy noem hom Knor. Dit lyk miskien of Bette ’n oulike oupa het, maar het hy Knor vir haar gegee omdat hy wil inskryf vir die VVVVVV (Vereniging Vir Vleisware Van Vars Varke) se Worswedstryd van die Eeu?
Worsies groei nie aan bome of iewers onder die grond nie. Worsies word van varke gemaak. Dit is nou eenmaal so.
Hierdie boek gaan oor kampioenworsies. Dit gaan ook oor ’n vergete oupa, wat vroeër ’n slagter was, die liewe varkie Knor en die Worswedstryd van die Eeu. As jy nie van wors hou nie, moet jy liewer nie hierdie boek lees nie. En as jy wel van wors hou, eintlik ook nie… Of juis?
Oor die outeur en illustreerder
Tosca Menten, oftewel “die grappigste kinderboekskrywer van Nederland”, is die outeur van meer as twintig skreeusnaakse kinderboeke. Sy en illustreerder Elly Hees maak hulle ’n gedugte span wat gewis daarin sal slaag om jou te laat kraai van die lag!
Oor die vertaler
Shané Kleyn is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (M.P. Robertson)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R90-00*
* Prys onderhewig aan verandering