Die wrede somer

Doc Immelman

Doc Immelman het sy lesersaanhang oor dekades heen opgebou met sy jag-, misdaad- en oorlogsavontuurverhale – altyd met ’n tikkie romanse in ’n ruwe manswêreld. Die wrede somer, sy ses-en-dertigste roman, speel in die jare 1927 tot 1928 in die Namibiese hinterland af. In Fahlplatz se opstal groei die spanning tussen pa en seun en tussen man en vrou terwyl daar ’n groter stryd buite begin woed. ’n Snelloper lei sy mense tot opstand. Daar word bloed vergiet. “… die sonlig verblind, die ongenaakbare Namibiese ruimte (is) voelbaar aan die lyf,” skryf Piet van Rooyen oor hierdie roman.

Oor die outeur
Doc Immelman is ’n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.

Uitgewer: Protea
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.