GR von Wielligh
Dierestories 2 is die tweede in ’n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Dale Blankenaar se illustrasies gee nuwe lewe aan die diere se kaskenades.
In Dierestories 2 maak ons kennis met nuwe dierekarakters soos Tier, Krokodil en Hasie. Arme Wolf kry dit nog op sy moses met Jakkals se skelmstreke!
Die boek is geskik vir lesers vanaf 9 jaar oud, maar volwassenes sal die gewilde Jakkals en Wolf-stories onthou en byval vind by die nuwe illustrasies. Die diereverhale is eg Suid-Afrikaans.
Oor die outeur:
G.R. von Wielligh (1859–1932) kwalifiseer as landmeter en en luister van kleins af na die stories van Khoi-Khoi-vertellers. Van 1880–1883 het hy ’n landmeterskantoor op Calvinia gehad, en kon hy die Boesmanland en die Agter-Hantam besoek en aantekeninge maak.
Uitgewer: Protea
Prys: R125-00*
* Prys onderhewig aan verandering