Digbundel: Indeks

Indeks omslagElke gedig in hierdie uiters volwasse bundel verken brokkie vir brokkie die aard en semantiek van ’n digkuns: Dit reis op uitgebreide paaie na wat die wese is van die digkuns, ook die digter se eie poësie.

In Joan Hambidge se oeuvre is hierdie bundel ’n groot sprong; die hele Indeks werk aan en oor die digkuns met ’n feitlik mistieke bewondering en respek vir die woord. Dit kan beskou word as haar mees “taalkundige” bundel, want die digter is in konstante gesprek met die woord en die moontlikhede wat die woord bied. Haar vermoë om die woord se wisselende buie, in gesprek met ander woorde, raak te sien en te benut, is nog nooit só suksesvol aangewend nie.
Met die meer liriese aard, groter toeganklikheid en innige menslikheid sal Indeks as ’n hoogtepunt in Hambidge se digkuns beskou word.

Oor die outeur:

Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in SA. As kritikus skroom sy nie om in die letterkundige bokskryt te klim om haar oortuiginge te verdedig nie. Sy is professor in Afrikaanse letterkunde en kreatiewe skryfwerk aan die UK. In 2012 is haar bundel Visums by verstek met die ATKV-Woordveertjie vir Poësie bekroon.

Uit: Indeks deur Joan Hambige
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.