Dis my verjaardag

Helen Oxenbury

Vertaler: Shané Kleyn

Dis my verjaardag en ek gaan ’n koek bak. Ek het eiers, meel, botter, melk, ’n knypie sout, suiker en ’n paar kersies vir bo-op nodig. Kan my dierevriendjies my help? Wat kan nou lekkerder wees as om ’n verjaardagkoek te deel met maatjies wat gehelp het om dit te bak?

Dis my verjaardag is ’n aandoenlike verhaal oor vriendskap en mededeelsaamheid, wat op peuters en kleuters gemik is.

Oor die outeur
Helen Oxenbury (1938) is ’n bekroonde illustreerder van kinderboeke wat die Britse Kate Greenaway Medalje, sowel as verskeie ander toekennings vir haar werk ontvang het. Van haar ander boeke sluit in: Alice’s Adventures in Wonderland, Heads, Bodies and Legs en So Much.

Oor die vertaler
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (M.P. Robertson)
Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

Uitgewer: Protea
Prys: R90-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.