Boek: DIY vir Divas

Janice Anderssen

DIY vir Divas is ’n eenvoudige gids vir die vrou, uit die oogpunt van ’n vrou. Dié nuttige boek leer jou meer oor die verskillende soorte gereedskap en toebehore wat nodig is vir basiese huisreparasies en doen-dit-self-projekte. Daarna lei dit jou stap vir stap deur ’n aantal projekte. Begin met klein projekte en opknappingstakies en kort voor lank sal jy die vertroue hê om groter en moeiliker take aan te durf!

DIY vir Divas bestaan uit:

  • Handgereedskap- en kraggereedskap-veiligheid
  • Ek is mal oor my koordlose skroewedraaier met huisreparasies
  • Ek is mal oor my koordlose boor: gestoffeerde bedkopstuk, koffietafel
  • Ek is mal oor my kragboor: ophang van skilderye, gordynrelings
  • Ek is mal oor my uitsnysaag: gelamineerde werksoppervlakke, antieke bedkassie, slaapkamertafel, kaggelraam
  • Ek is mal oor my hoeksnyer: kurwes in teëls
  • Ek is mal oor my sirkelsaag
  • Ek is mal oor my skuurder: bedkassie vir kinderkamer, TV-eenheid
  • Ek versorg my kraggereedskap
  • Woordelys

Oor die outeur

Janice Anderssen was nog altyd fanaties oor DIY. Sy is gebore in die Verenigde Koninkryk en het grootgeword in ’n huis wat konstant verander is deur haar moeder. Sy het verskeie bou- en teëlkursusse gevolg, ’n diploma in Binnenshuise Versiering verwerf en talle boeke oor die onderwerp gelees. Besoek gerus haar webtuiste, Home-Dzine.co.za, wat in Mei 2005 ontstaan het uit die behoefte aan raad en inspirasie vir huiseienaars en mense wat in doen-dit-self geïnteresseerd is.  DIY Divas is ook gestig om vroue te bemagtig om hul vrees te oorkom, selfvertroue te bou, en om hulle met die nodige wenke en tegnieke toe te rus.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R160*
* Prys onderworpe aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.