Dokter van ver

Malene Breytenbach

By ’n gedenkdiens vir Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi. Hy is op besoek in die land en ná ’n kort kennismaking moet hy terug Italië toe. Maar nie voordat Rafaella en haar ouers na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi is nie . . . Later gaan Rafaella en haar ouers Italië toe sodat haar ma op die Di Mareneschi’s se landgoed, waar daar ’n nuwe rusoord is, kan gaan rus ná borskanker-behandeling. Hier ontmoet Rafaella die sjarmante maar opdringerige operaster Luigi, Giulio se broer, asook die pragtige jong erfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár. Luigi en Giulio het ’n geskiedenis van wedywer om ’n vrou. Sal Rafaella en Luigi se verhouding vlamvat, soos die arrogante Luigi glo, of is Giulio die regte dokter vir Rafaella se hart?

Oor die outeur
Dr Malene Breytenbach het drie meestersgrade asook ’n doktorsgraad in joernalistiek. Sy en haar man woon op Stellenbosch. Malene skryf sedert 2009 heeltyds en het verskeie liefdesverhale op haar kerfstok, sowel as die romans Gister is ’n ver land, Pluimprinse en Bloedgrond (Mei 2011).

Uitgewer: Tafelberg, Hartklop
Prys: R89,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.