Donker leuens

Lien Roux-de Jager

Wie was betrokke by die verdwyning van die wetenskaplike Stefan De Villiers en sy navorsingsresultate? Net drie mense weet presies wat gebeur het, en húlle span nou saam om die skuldiges in die komplot vas te trek.

Kalli Krynauw is ’n forensiese psigo-fisioloog (poligrafis). Haar opdrag is om onderhoude te voer met die oorspronklike getuies wat iets weet oor die verdwyning van De Villiers, die wetenskaplike wat navorsing gedoen het oor ’n alternatiewe brandstof. Die saak was reeds gesluit, maar toe ’n joernalis skryf dat De Villiers gesien is en nog leef, word die saak weer geopen. De Waal Brink, ook ’n navorser, word as konsultant ingeroep by die ondersoek. Om sake verder te kompliseer, is Kalli se suster Madelein ’n model en al 15 jaar aan dwelms verslaaf. Haar verhouding met die dwelmkartelle veroorsaak ‘n komplikasie vir die De Villiers- saak en vinnig span die web van leuens en spanning al stywer.

Oor die outeur
Lien Roux-de Jager woon in Mafhikeng en geniet elke oomblik daarvan. Haar lewe lank gewoond aan die lewe in die stad, het die plek se mense haar heeltemal oorweldig met hul hartlikheid en sorgsaamheid. Daar is deesdae nie meer soveel tyd vir haar stokperdjies nie, en as sy nie skryf nie, doen sy navorsing. Sy is bekend vir liefdesverhale, maar het nou haar hand aan spanningsverhale gewaag.

Vorige titels deur Lien Roux-de Jager:
Katrien van Kammaberg
Die professor en die krulkop
’n Aandeel in my hart
Onwillige verloofde
Bosveldsigeuner
Die liefde kan sien
Onweersman
Haar nuwe buurman

Uitgewer: LAPA
Prys:R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Donker leuens is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.