Donkerkamer

Fourie Botha

Donkerkamer is ’n debuutbundel oor beelde en oor kyk: na foto’s en kunswerke, na die ongediertes wat in drome skuil en na jeugherinnerings ingeprent op die film van die geheue. Dier- en voëlbeelde vertel van geweld, die verlies aan onskuld en weerloosheid, maar ook van begeerte en lyflikheid. Dié bundel voer aan dat kyk en oorvertel nie onskuldig kan wees nie, dat ’n foto in ’n donker kamer tot beeld ontwikkel. Fourie Botha het in Nuwe Stemme 4 gedebuteer.

Oor die outeur
Fourie Botha het in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-bosveld grootgeword. Hy het uitgewerswese en Engels studeer aan die UP en vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uitgegee. Hy het aan die UK ’n meestersgraad in Engelse letterkunde ontvang, asook ’n M.A. in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Joan Hambidge. Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 4 en in Versindaba 2010 opgeneem. Hy werk in Kaapstad as redakteur by ’n uitgewershuis.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R150,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.