Malene Breytenbach
‘n Moord vind plaas by ‘n bekende Suid-Afrikaanse Universiteit… Die strokie papier lê op sy lessenaar, prominent, sodat hy dit nie kan miskyk nie.
Jy is uitgedien. Jou tyd van koning kraai is verby.
As jy nie uittree nie, sal geheime wat jou groot skade sal berokken, aan verskeie belanghebbendes geopenbaar
word. Hoe wil jy onthou word?
Oor die outeur
Malene Breytenbach is die skrywer van Bloedgrond, Pluimprinse en Gister is ‘n ver land.
Uitgewer: Naledi
Prys: R159-00*
* Prys onderhewig aan verandering