Amelia Strydom
Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy’s darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie ná sy deur haar eks met ’n kleine babatjie gelos is, maar haar nuwe buurman, Derek . . . sjoe, hy’s net onweerstaanbaar! En hy hou van kinders . . . Wanneer die hospitaal waar sy haar geboorte-eenheid se perseel huur, besluit dat haar deure moet sluit ter wille van iets meer winsgewends, moet Mila egter agterkom dat haar buurman betrokke is by dié plan. Gaan haar geboorte-eenheid oorleef? En wat van haar verhouding met die aanloklike maar verraderlike buurman?
Oor die outeur
Amelia Strydom (’n skuilnaam) het in Gauteng grootgeword in ’n huisgesin wat rondom boeke gedraai het. Sy het haar honneursgraad in godsdienswetenskap behaal en vir twee jaar daarin doseer. In 2008 het sy by ’n geboorte-eenheid begin werk, waar sy as doula (geboortebegeleier) eerstehands wonderwerke aanskou. Amelia en die liefde van haar lewe woon op ’n plot buite Pretoria, in ’n huis wat wemel van kinders, diere en boeke.
Uitgewer: Tafelberg, Hartklop
Prys: R89.95*
* Prys onderhewig aan verandering