Dwelmslagoffer

Joanne Joseph

“Ek besef wat hulle aan my gedoen het daar binne. Hoe hulle my verander het in ‘n barbaar, ‘n halfmens wat in ‘n trog gebad het, kos geëet het wat net vir diere geskik was en saans in ‘n hok toegesluit is.”

-Vanessa Goosen, Dwelmslagoffer

Dis 1994. Suid-Afrika staan op die rand van vryheid.

Die 21-jarige Vanessa Goosen, ‘n finalis van Mej. S.A.-kompetisie en op die drumpel van ‘n groot deurbraak in haar model-loopbaan, word vasgevang in enige reisiger se ergste nagerrie. Sy word mislei om boeke waarin 1.7 kilogram heroïen versteek is, vir iemand uit Thailand saam te bring, maar word gearresteer vir dwelmhandel. Die Thaise owerhede steur hulle min aan die pleidooie van onskuld, en lê haar die doodsvonnis op. Na appèl word dit verminder na lewenslange tronkstraf in Bangkok se berugte Lard Yao.

Swanger vreesbevange, desperaat en alleen begin Goosen se reis van sestien jaar agter tralies. Drie jaar later word sy gedwing om afskeid te neem van haar geliefde dogtertjie. Goosen se verhaal vertel van die vreugde en verlies van moederskap in aanhouding, depressie weens langtermyn-aanhouding die gedwonge skeiding van geliefdes, en haar terugkeer in 2010 na ‘n Suid-Afrika wat sy byna nie herken nie.

En steeds hou dit nie op nie – net verlede jaar alleen is 27 Suid-Afrikaners hiervoor oorsee gevang en tronkstraf opgelê. Ons lees van hulle in hoofopskrifte en veroordeel hulle onnoselheid terwyl ons wonder wat hulle na dit gedryf het. Maar wat gebeur met die handvol onskuldiges wat saam met die stroom gesleep word? Is daar enige hoop op geregtigheid vir sulke mense? En as daar nie is nie, wat word van hulle in aanhouding?

Lees die aangrypenpe storie van Vanessa Goosen, wat nooit moed opgegee het dat sy weer vryheid sal smaak nie, maar vir wie dit eers na 16½ jaar aangebreek het. Skokkend, hartroerend en ‘n openbaring- ‘n boek wat die leser konfronteer met die ongemaklike realiteite in ‘n buitelandse tronk.

Oor die outeur:
Joanne Joseph is in Durban gebore, en na vyftienjaar as TV-nuusleser is sy ‘n bekende gesig vir Suid-Afrikaanse kykers. In haar huidige rol as middagnuus-aanbieder op eNCA se 24-uur nuuskanaal voer Joanne gereeld onderhoude met hoë profiel-mense, en hou sy kyers op hoogte van die jongste verwikkelinge op die nasionale en internasionale nuusfront. Sy is passievol daaroor om die menslike invalshoek agter die feite en statistiek van ‘n storie te vind, en die buitegewone verhale van gewone vroue interesseer haar. Joanne het ‘n meestersgraad in letterkunde van Wits. Hierdie is haar eerste boek.

Uitgewer: MFBooks Joburg, ook beskikbaar as e-boek.
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.