Eersgeborene Omnibus 2

Karen Kingsbury

Die laaste drie topverkoper-boeke van die gewilde Eersgeborene-reeks is nou saam in een boek beskikbaar. Dit bied driedubbele leesgenot aan alle Karen Kingsbury-aanhangers. Die Eersgeborene-omnibus 2 is die voortgesette drama van die Baxter-familie. Dayne Matthews ontmoet uiteindelik sy biologiese familie en dit lyk of hy ’n kans staan om die meisie van sy hart, Katy Hart, se liefde te wen. Maar dan gebeur iets wat hulle hele toekoms saam in die wiele kan ry, en die Baxters weer laat saamstaan om hierdie twee mense bymekaar te bring.

Deel in ’n storie oor goddelike ingrype en die waarheid dat God dié beloon wat Hom met hulle hele hart soek.

Oor die outeur
Karen Kingsbury is tans een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-outeurs. Sy het al meer as 40 boeke geskryf en daar is meer as 15 miljoen eksemplare van haar boeke in druk. Karen en haar man, Don, het een dogter en vyf seuns waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

Uitgewer: CUM
Prys: R169,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.