My eerste leerboek: Vorms en tyd

vorms

Nancy Meyers

In My eerste leerboek: vorms en tyd word voorskoolse kinders aangemoedig om die lyne na te trek en die kolletjies te verbind om alles te leer van vorms en hoe om tyd te lees. Stippelllyne dui aan hoe om die uur- en sekondewysers in verskillende posisies op horlosies in te teken en dan allerhande prentjies te voltooi wat na verskillende tye van die dag verwys. Hulle leer ook al die vorms en hul name ken. Dié eenvoudige oefeninge help kinders om ‘n potlood reg te leer vashou en maak hulle vertroud met die eerste vaardighede van skryf. Kinders kan dan hul nuwe vaardighede oefen deur die prentjies te voltooi en in te kleur.

Sluit ook ‘n handige gids vir ouers in.

Hierdie is ‘n eerste leerboek wat kinders skoolgereed maak deur skryfvaardigheid te ontwikkel en hulle bekend te stel aan vorms en tyd.

Oor die outeur:
Nancy Meyers is ‘n illustreerder en woon in Minnesota. Haar ma was ‘n skilder en sy is van jongs af aan die kunste blootgestel. Ná meer as 20 jaar as ontwerper, het sy haar op illustrasie toegespits. Kinderboeke bly haar gunstelingprojekte.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R95-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.