Ek is die beste

Lucy Cousins

Vertaler: Shané Kleyn

Hond is lief vir sy vriende. Hy dink hulle is fantasties. Maar hy dink ook hy is die beste, en hy hou nie op om hulle te vertel nie. So wat gebeur toe sy vriende besluit om hom ’n les te leer deur hom te wys waarin hulle die beste is?

Oor die outeur
Lucy Cousins is die skepper van ’n hele paar wonderlike kinderboeke, insluitend Yummy: My Favourite Nursery Stories en Hooray for Fish!.
Oor Ek is die beste sê sy: “Die idee vir hierdie boek het by my ontstaan nadat ek ’n tenniswedstryd gewen het. Ek het dit geniet om heeltyd by vriende en familie te spog, en toe besef ek dat ek dit onder hulle neuse vryf, net soos Hond!”
Cousins woon in Hampshire, saam met haar lewensmaat, vier kinders, en ’n groot, donsige hond.

Oor die vertaler
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (M.P. Robertson)
Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

Uitgewer: Protea
Prys: R90-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.