Elize parker omnibus

deur Elize Parker

Elke vrou vir haarself is ‘n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en Emmie neem hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier.

Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit ‘n sleutelrol. Die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.

Oor die outeur:
Elize Parker, is ‘n oud-joernalis en omroeper wat reeds meer as 30 jaar skryf – tydskrifverhale, romans, geskenkboeke en inspirasiefiksie. Vir ‘n stokperdjie bied sy skryfwerkwinkels aan. Sy is ook gereeld ‘n beoordelaar van skryfkompetisies. Sy is betrokke by digitale bemarking en wil graag eendag haar eie boekwinkel besit. Sy woon in Gauteng en het twee dogters op universiteit.

Tien romans, drie bundels kortverhale, vier geskenkboeke en twee dagstukkieboeke het reeds uit haar pen verskyn. Vele hiervan was topverkopers op die trefferlyste, soos die mees onlangste drieluikromanreeks, Offerkind. Van haar romans is ook in groot druk beskikbaar. Haar roman vir tieners, Moenie vir ma sê nie, was ‘n blitsverkoper.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R199-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.