Elke dogter het ‘n ma

deur Madelein Volschenk

ʼn Plesierige , meesleurende debuutroman oor ʼn eksentrieke familie. Dit boei die leser van bladsy een met die besluit van die jong hoofkarakter, Bibi, om haar verlowing te breek, haar lang hare af te sny en Europa toe te verkas – met die seën van haar enkelma, Frieda. Die tempo is energiek, die karakters interessant en geloofwaardig. Bibi soek haar familie in Italië en Nederland op, vind nuwe belangstellings en insigte, kom uiteindelik ʼn bietjie ouer en wyser terug Suid-Afrika toe. Tussen familiefeeste en konfrontasies deur maak sy vrede met baie dinge. Te midde van die leesbare en ligte aanslag skuil die versoenende, positiewe gedagte van die saamkom van familielede uit ʼn klein diaspora.

Oor die outeur:
Madelein Volschenk het in Johannesburg en Thabazimbi grootgeword, BA Drama aan die Universiteit van Pretoria studeer en ʼn jaar later besluit om onderwyser te word. Sy wou egter ook skryf en haar drama Man, Manner, Manste is aanvaar vir die eerste KKNK in 1994. Sedertdien is ʼn hele aantal dramas van haar opgevoer en oor die radio uitgesaai. Sy gee drama en wiskunde by die Constantia Waldorf-skool en sê “Dis ‘n wonderlike kombinasie wat my en die kinders op ons tone hou. Dit beteken dat my dramaklasse vreeslik baie struktuur het en my wiskundeklasse vreeslik dramaties is.” Elke dogter het ʼn ma is haar eerste roman en was naaswenner in die afdeling vir debuutwerk in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstyd van 2012.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R180-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.