Elza Rademeyer Omnibus 4

Elza Rademeyer

In Kronkelpad na geluk werk Jessica op Biesiesdal in oom Josie se slaghuis en loseer sy by tant Mart – vir hulle is sy amper net soos ’n dogter. Maar haar liefdeslewe is ’n warboel. Jessica se verhouding met twee aantreklike broers en ’n oudsenator se boheemse dogter sorg dat dié verhaal ’n pad loop wat nooit ’n vervelige oomblik het nie. In Jy behoort aan my lei Sura se ontmoeting met Hennie op Komslaagte tot groot ontberings. Verkragting en ’n afgryslike ongeluk is maar twee van die enorme struikelblokke wat sy moet oorkom voordat sy ware geluk kan vind. En in Hamerkopnes is Caroline Bester doodgelukkig in haar werk én haar verhouding met Darius. Daarom is sy nie voorbereid op die uitwerking wat die skatryk Mark Johnson op haar lewe sal hê wanneer hul paaie kruis nie.

Oor die outeur
Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende romans sluit in Mallemeule van die liefde; Op arendsvlerke; Verlief en verlore op Marion en Die onwillige bruid. Haar mees onlangse verhale is Rots van Stormbaai, Raaisel van die liefde, Klopdans van die liefde en Verlange na Brandersbaai.

Uitgewer: Jasmyn
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae