En die beste kinderboeke is…

lees-boek-seun

Foto: Tookapic/Pexels.com

Die wenners in die ATKV-Kinderboekpryse is Vrydag bekend gemaak.

Die ATKV het in ʼn verklaring gesê dié kompetisie word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.

Die boeke wat vir hierdie pryse in aanmerking kom, word deur kinders in graad RR tot leerders in graad 10 self beoordeel.

“Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur ʼn aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk,” lui die verklaring.

Die wenners is:

Voorleeskategorie: Graad RR – 1
•    Skrywer: Louise Smit (Human & Rousseau) – Bennie Boekwurm se tonnelhuisie
•    Illustreerder: Johann Strauss (Human & Rousseau) – Bennie Boekwurm se tonnelhuisie

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3
•    Skrywer: Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Professor Fungus en die monsterformule
•    Illustreerder: Johann Strauss (Lapa Uitgewers) – Professor Fungus en die monsterformule

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
•    Skrywer: Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers) – Zackie Mostert en die super-stinkbom
•    Illustreerder: Elsbeth Eksteen (Lapa Uitgewers) – La di da, Lulu

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
•    Skrywer: Cecilia Steyn (Human & Rousseau) – #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
•    Skrywer: Marion Erskine (Human & Rousseau) – Vlerke vir almal

Die wenners sal hul toekennings tydens die ATKV-Woordveertjies op 31 Augustus in Stellenbosch ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.