Ena Murray Omnibus 30

Ena Murray

Hierdie opeenvolgende romans gaan oor die aangrypende ervarings van ’n jong meisie uit die onderdorp wat uiteindelik die vrou van ’n vooraanstaande politikus word.
In As die wind daaroor gaan ontdek die agtienjarige Nickey dat sy swanger is . . . pas nadat haar skoolkys, Terence, vertrek het om grensdiens te gaan verrig. Ramp volg op ramp . . . en ná die nuus dat Terence gesterf het in ’n landmynontploffing, willig Nickey eindelik in om te trou met sy pa, Christian Basson.
In Die wind het gaan lê volg ons die onstuimige verloop van Nickey en Christian se huweliklewe ná dit aan die lig kom dat Terence steeds lewendig is . . .

Oor die outeur
Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Deesdae woon sy op Mosselbaai saam met haar man, Jacques.

Uitgewer: Jasmyn
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.